About us

Ons geskiedenis

Palmyra is deur  Ivan Basson in 1965  van die vorige eienaars Oom Faan en Tannie Bettie Cronje gekoop.  Hulle het ‘n bestaansreg gevoer uit ‘n klein onderverdeling van die groter Grootfontein plaas.  Soos met alle klein plasies in die omgewing het die nasate klein stukkies grond ge erf om op te boer. Die naam Palmyra was reeds aan die plaas toegeken by aankope en die rede  vir die volksvreemde naam bly steeds onbekend. 

Elektrisiteit was ongekend daardie jare, kerswas en later ‘n “generator”was die aangewese manier van elektrisiteits verskaffing. Handsentrales was ‘n vorm van kommunikasie.   Die plaas  word in trust gehou deur die nasate van Ivan Basson.

So met die jare wou ons ook graag hierdie manijifieke uitsig oor die Goukou met andere deel. 

Palmyra Stays is dus begin in 1999 in Stilbaai met die uitsluitlike doel om , selfsorg akkommodasie, vakansie selfsorg akkommodasie en groep selfsorg akkommodasie van buitengewone kwaliteit te verskaf in Stilbaai en die Stilbaai omgewing.

Besoek gerus Palmyra Stays selfsorg verblyf in Stilbaai vir uitsonderlike vakansie verblyf en selfsorg verblyf.  Stilbaaivakansies is die lekkerste.

Kontak ons gerus om selfsorg verblyf in Stilbaai te bespreek.